Gemeenskapstrots – by Bradley Ruiters

Gemeenskaps Trots

uit die pen van Bradley Ruiters –

Baie van ons het seker op televisie gesien hoe 2000-jaar oue standbeelde en ruines van antieke beskawings opgeblaas is deur sogenaamde Islamitiese radikales.
Maar wat is eintlik agter sulke ondenkbare verwoesting?

Eerstens, onthou dat hierdie ruines en standbeelde duisende jaar se Islamiese regering oorleef het. So, hoekom word dit nou geteiken?
Die rede is trots. Of meer spesifiek, om trots af te breek.
Syrie en Irak is van 2011 onder aanval deur huursoldate wat voorgee hulle wil n Islamitiese Staat stig (ISIS – Islamic State of Iraq and Syria). Hulle word befonds en bewapen deur die VSA, VK, Frankryk en hulle skoothondjie-state in die Midde-ooste.

Vir jare sukkel hulle om die regerings van Irak en Syrie omver te werp. Sonder sukses – want die inwoners van daai lande is vurig onafhanklik en weet waar hulle vandaan kom…en wie hulle is.
Skielik kom die bron van hul trots onder aanval. Eeue oue grafkelders word opgebreek en antieke voorwerpe word in ander lande vir n paar Dollar verkoop. Vrouens van sekere sekte word ontvoer en verkrag in massa, om die land se mense te probeer verdeel. Mense wat vir jare lanks mekaar woon is ewe skielik vertel dat hul Sunni Muslim buure eintlik vir Shia Muslims soos hulle vreeslik haat. CNN en ander media vertel vir ons dis “Muzzlim terrorists” wat grusame dade pleeg.
Maar wag n bietjie. Waar het ons dit tevore gesien?

In ons land. Voor jy n land se rykdom kan steel, moet jy die inheemse bevolking eers laat dink hulle is niks werd nie.
Wat nou in Syrie en Irak bewerkstellig word, is al suksesvol hier in Suid Afrika implimenteer. Alle ou tradisies is verpletter. Gemeenskappe is verdeel deur om sekere mense meer voordeel te gee as anders, wat natuurlik gelei het tot groot onmin.
Terwyl ons onder mekaar baklei het, was die rykdom van ons aarde onder ons uit gesteel. Ons mooi uitsigte het op een of ander manier buite ons bereik geraak.
Vandag as n kleurling man deur die strate van Langebaan wandel, word hy aangekeer en ondervra.
En die van ons wat kop in een mus is met die ‘inkommers’ wat ons land gevat het: se broeksakke bult soos hulle lag…

Dink julle nie dis tyd om julle trots terug te neem nie?

error: Content is protected !!