My Herkoms – by Maahir Pretorius

Mense wat nie weet waar hulle vandaan kom nie, sal nooit weet waarheen hulle oppad is nie.

Die gebrek aan kennis oor kultuur, herkoms en tradisie, kan enige bevolkingsgroep se samehorigheid versplinter.

Ander kulture verwys na die samehorigheid as Ubuntu.
Hiersonder doen elkeen maar sy eie ding, en maak elkeen maar sy eie reels op soos hy aangaan.

Sommige stel nie belang in enige reels, aanvaar dinge soos dit kom, en val net in by die ideologie van ander.

Sulkes aanvaar gewoonlik gedwee die neerhalende siening dat alle Bruines ‘n middelras is – bastards, hoermaaksels uit die vermenging tussen Africans en wittes.

Die kwessie van reels, geleerdheid en materialisme daarby, skep ‘n basis vir klassisme, waar sekeres dink en glo hulle is beter as die ander, wat verdere verdeeldheid veroorsaak.

Ander inheemse volkere soos die Inca’s en die Mayans van Suid-Amerika, die Apache’s van Noord-Amerika, die Aborigini van Australie, kom ook deur die vernedering van Europese kolonialisme.
Maar van hulle het vandag monumente wat vir hul geslagte nagelaat is, en hul erfenis staan sterk.

Die voortbestaan hiervan word aangeblaas deur oer-oue volksverhale wat van geslag tot geslag oorgedra word.
Volksverhale oor slagvelde, helde en heldedade uit hul verlede.
Hul jonges luister aandagtig na die stories wat in hul eie taal aan hulle oorgedra word.
Met belangstelling en ‘n trots word die herinneringe in hul geheue weggepak tot dit eendag hulle beurt raak om dieselfde stories oor te vertel.
Die kinders skep moed in hul pad vorentoe, want hulle weet presies waar hulle vandaan kom.

Die vraag ontstaan dan: Wat was so erg omtrent die Khoi, dat die kolonialiste sover gegaan het om selfs die gedagte van so ‘n volk heeltemal te wou uitwis.

Die Khoi en San was die subkontinent se oorspronklike inheemse volke met ‘n ligter velkleur.
Hulle was hier duisende jare voor die verskyning van die Nguni en ander Afrika-stamme, en het die subkontinent GEDOMINEER voor die koloniste in die 1652 hier aangeland het.

Hul unieke tongkliek-taal het baie van die Afrika-tale beinvloed.

Die eerste Hollanders het op 6 April 1652 in die Kaap aangeland.

Autshumato, ‘n Khoi, was toe juis jarelank die tolk en hoof-onderhandelaar vir verbygaande skepe onderweg na die Ooste.
Hy het reeds in 1632 – presies 20 jaar voor die Hollanders se aankoms – met ‘n klein groepie mense na Robbeneiland getrek, waar hy as posmeester en liaison gewerk het vir Europese skepe wat die eiland verbygegaan het.

Hy kon toe reeds verskeie tale spreek en was by vorige geleentheid in Java, waar hy die taal ook bemagtig het. Steeds het die reisigers die Khoi as “Savages” en “Kannibale” beskryf in inskrywings in die skeepsregisters.

Onder apartheid se propaganda is die veeltalige en bekwame bruinman in geskiedenis-handboeke uitgebeeld in velletjie-drag, terwyl Jan van Riebeeck, die wit ekspidisieleier, in dieselfde prentjie uitgebeeld was met ‘n hoed met ‘n moerse veer in.

So was die beeld van minderwaardigheid en onderdanigheid van Bruines teenoor die wittes in jong skoolkinders se gedagtes geprogrammeer vir geslagte lank.
Die illusie bestaan vandag nog in die koppe van baie Bruinmense.

Net so bestaan daar ook die wanpersepsie dat Bruines passiewe en gewillige agterryers was in die stryd teen kolonialisme.
Jan het Autshumato “Harry” en “Harry die Strandloper” genoem na hy hom ontmoet het.

Dis waar die disrespek teenoor hom begin het. Die disrespek teenoor die hele Khoi-volk het ontstaan toe hulle “herdoop” was as Hottentotte.

Jan het daarna drank en twak vir vee geruil met “Harry”, wie al jare voor die drie skepe hier aangeland het, geruilhandel het met ander lande se skeepsbemannings op dieselfde plek.
Na die wyn op was, was die vee weer teruggevat.
Hieroor was Autshumato of “Harry” twee keer verban na Robbeneiland, waarvandaan hy ook twee keer suksesvol ontsnap het.

Daar is min verwysing na Doman. Hy het in 1659 ‘n Khoi-clan in opstand gelei teen die Hollandse setlaars met hul perde en guns, by die Liesbeeck River en die Kirstenbosch National Botanical Garden in die Kaapse kolonie.

Net so min word gepraat oor die tweede slagveld vier jaar later in 1673, Noord-Oos van die Kaap, toe die Dutch East India Company vir Hieronymous Cruse gestuur het om 1800 vee te vat en nes te skop op die weivelde van die Chainoqua, Hessequa, Quana, Cochuqua en die Gouriqua Khoikhoi-chiefdoms.
Die aanslag te perd was geloods teen die hoofman Gonnema se Cochoqua-tribe.

Die volgende jaar, in 1674, het die Dutch East India Company weer ‘n attack ge-launch op die Choroqua. Meer as 5000 vee is die keer van die Khoikhoi gesteel.

Die slagveld het van 1674 tot 1677 geduur en het die derde Khoikhoi-Dutch-oorlog binne die setlaars se eerste 25jaar hier gemerk.
Hierna was die volk tot onderdanigheid gedwing en as slawe aangewend.

Hulle was selfs verbied om in hul eie taal met mekaar te praat.
Afrikaans is as gevolg hiervan, as ‘n kombuistaal uit Hollands geskep uit die mond van die Khoi en Malay-slawe wat saam in die wit meesters se huise en op die landerye gewerk het.


Maahir Pretorius is EFF Communications for Stellenbosch & Drakenstein

error: Content is protected !!